Aftrede in Styl

Die Oog Aftree-Landgoed is geleë by ‘n natuurlike mineraalbron, in ‘n idilliese omgewing aan die voet van die Waterberge, net buite Naboomspruit in die Limpopo Provinsie, 1 uur 30 minute se ry vanaf Pretoria.

Fasiliteite & Dienste

Die inwoners wat reeds op Die Oog Aftree-Landgoed gesetel is, ervaar 'n vredevolle en vakansie leefstyl. Hulle geniet die veilige omgewing van die landgoed, sowel as die verskeidenheid van fasiliteite en dienste wat beskikbaar is. Hierdie omgewing bied inwoners die geleentheid om aktief betrokke te wees by gemeenskapsaktiwiteite en om hulle belange en lewensstyl volledig te verwesenlik binne die gemeenskap van Die Oog Aftree-Landgoed.

Gesondheidsorg

Voltydse gekwalifiseerde personeel  lewer 'n uitstekende gesondheidsorgdiens aan die inwoners van Die Oog Aftree-Landgoed. Die gevestigde gesondheidsorg-sentrum met 29 beddens en verskeie ander fasiliteite word gebruik as basis. Ons het tans reeds 700 + permanente inwoners wat hierdie voordele gebruik en geniet.

Die besluit is maklik.

Met bekostigbare huise en ‘n sterk verhuringsmark, is Die Oog Aftree-Langoed die ideale belegging. Enige persoon kan ‘n eenheid koop of verhuur vir ‘n goeie opbrengs. Inwoners van Die Oog Aftree-Landgoed moet net bo die ouderdom van 50 jaar oud wees

Belê in jou toekoms, in ‘n deeltitel ontwikkeling met ‘n aktiewe leefstyl, vryheid van spasie, mediese gemoedsrus, vakansie omgewing, sorgvrye veilighieid, word deel van ‘n gevestigde gemeenskap en maak dit jou tuiste in die natuur.

Kontak Ons

Mineralebronne Pad (R520), Naboomspruit, LIMPOPO 0056