Die ontwikkelaar van Die Oog Aftree-Landgoed het daarin geslaag om ‘n baanbreker projek daar te stel wat die voorloper in aktiewe veroudering in Suid-Afrika is. Hulle bied waarde vir geld en daar word aan al die leefstylbehoeftes van die inwoners voldoen.
Niel Cronje is al meer as 30 jaar in die Suid-Afrikaanse eiendomsbedryf gevestig. In 2003 het hy Engel & Völkers Suid- Afrika begin as deel van die wêreldbekende Duitse eiendomsgroep. Hy is in 2005 aangewys as Engel & Völkers se top Meester Lisensiehouer wêreldwyd.
Tans is hy betrokke by Keller Williams Eiendomme wat die grootste eiendomsagentskap in die wêreld is.
Niël was betrokke by talle suksesvolle residensiële en kommersiële eiendomsontwikkelingsprojekte en hy het ook talle toekennings ontvang.
Dries du Preez is die projek bestuurder van Die Oog Aftree – Ontwikkeling. Hy is meer as 30 jaar ‘n praktiserende stads- en streeksbeplanner en eiendomsontwikkelaar. Dries het die grade M (Stads- en streeksbeplanning) (US) en M Sc (Eiendomswese) (UP) voltooi.
Verskeie suksesvolle residensiële en kommersiële eiendoms ontwikkelings is al onder hulle hande afgehandel, insluitende studentebehuising, winkelsentrums, sekuriteit- en leefstyl ontwikkelings.
©2024 HeyGeeks copyright all right reserved.