Die Oog Aftree-Landgoed Ontwikkeling

Jou Tuiste In Die Natuur

Die Oog is een van die Limpopo provinsie se geotermiese warmwaterbronne, wat in die 1800’s die aandag van Tswana stamme in die gebied getrek het.

Die ontwikkelende oord was bekend as Bergh-se-Bad soos benoem deur ‘n onderwyser van Mookgophong wat die plaas in 1934 bekom het.

Die gewilde oord is in 1964 deur die Rondalia Automobiel-organisasie oorgeneem, wat rondawels, ’n tentkamp en ’n karavaanpark gebou het.

Die inwoners se leefstyl

Sedert die ontstaan van Die Oog Aftree-Landgoed in 2009 het eienaars van 500 deeltitel eiendomme hulself tuis gemaak in die Bosveld. Die eienaars beleef hierdie seisoen van hul lewe in ‘n gemeenskap en omgewing van vryheid, geluk, veiligheid en vrede.

Nuwe vriendskappe word gevorm deur ‘n band van broeder- en susterskap wat gebaseer is op sterk Christelike waardes. Ons gee om vir mekaar.

Nuwe uitbreidings word in fases ontwikkel van ongeveer 30 eenhede per fase.

Wanneer al die fases voltooi is sal die ontwikkeling bestaan uit ‘n totaal van 900 wooneenhede.

Wanneer die ontwikkeling voltooi is sal ongeveer 1500 inwoners die leefstyl van Die Oog Aftree-Landgoed geniet.

Verskillende planne volgens jou behoefte

Die Oog Aftree-Landgoed bied verskeie tipes planne. 

By Die Oog Aftree-Landgoed koop jy ‘n reg tot uitbreiding van die Ontwikkelaar wat soortgelyk is aan ‘n erf waar ons vir jou ‘n huis bou volgens jou keuse van plan en afwerkings. Wanneer die huis voltooi is, word dit geregistreer in die deeltitelskema en die “reg tot uitbreiding” verval. Jou private gebruiksarea is die area wat deur jou tuinmure afgeskerm word.

Motorhuise kan op deeltitel gekoop word vir die opstel van bv. ‘n werskwinkel, of die stoor van u karavaan of 4×4 voertuig.

Kontak een van ons verteenwoordigers vir verdere inligting.

Die Oog Aftree-Landgoed bied ‘n verskeidenheid van tipes wooneenhede om in elke behoefte te voorsien. Tans is daar die volgende eenhede beskikbaar:

Fase 6

Fase 6 bestaan uit die gewildste grootte eenhede op Die Oog aftree-landgoed. Dit is op die ou karavaanpark geleë. Die planne van die eenhede wissel tussen 2 en 3 slaapkamers, 2 badkamers, ‘n oopplan leefarea en kombuis, 1 of 2 motorhuise, onderdak stoep met ‘n ingeboude braai. Die huise het teël-, chromadekdakke. Addisioneel kan ‘n professionele afdak gebou word vir addisionele motor of ‘n karavaan staanplek. 

Fase 10

‘n Prima fase met groter huise,  ongelooflike ligging, pragtige uitsig, baie privaatheid , word ontwikkel volgens jou behoefte in die natuur reservaat. ‘n Verskeindenheid van planne bied alles wat jou hart begeer vir jou behoefte en leefstyl. 

Spesiale fase vir gesondheidsorg

Na aanleiding van ons navorsing is daar ‘n geweldige behoefte in ‘n fasiliteit vir alzheimer/dementia pasiente in die Limpopo provinsie.  Daarom word die huidige gesondheidsorg sentrum uitgebrei om aan hierdie behoefte te voldoen.  Verder word addisionele twee slaapkamer eenhede by hierdie sentrum beplan wat aan die behoefte gaan voldoen om eienaars onafhanklik te laat bly met volledige bystandsorg vanaf die gesondheidsorgsentrum.

 

Kontak Ons

Mineralebronne Pad (R520), Naboomspruit, LIMPOPO 0056